1 reviews | Active since Member
Waarskuuwing oor Sew Just More:
Ek is bewus van hulle T'c en C's dat die Bestelling langer kan vat as wat hulle se... Maar hiermee deel ek my ongelukkigheid met #sewjustmore
Storie loop so: My sussie het vir my di stel van R2699 bestel en betaal as per versoek ,as my babatee geskenk, die vrou met wie sy gesels het , het my sus mooi voor gvra INDIEN dit moontlik is of dit gaan reg wees voor baba kom OF dalk vir di babatee - sy se toe dat sy dit sal indruk, fast forward so maand wat verby gaan , toe my sus opvolg het hulle "deurmekaar" geraak met n ander vrou se bestelling en ek sou middel van april my goed kry, goed - ons wag.....
Ek begin al bel en boodskap, net om vir my elke week te se - volgende week. Vanaf 14 April. Die reply wat ek kry is dat die die laaste WhatsApp aan my sal wees tot ek my goed kry... asof ek hulle pla.
Geen kommunikasie van hul kant af ni, as jy hul bel antwoord hulle net nie, bel ni terug nie - NIKS.
So gaan 3 weke verby van bel, whatsapps ens .. (geen antwoord op my WhatsApp's vanaf 29 April tot en met 11 May)
Saterdag 9 May het hul n ad op eks van di moot gesit, ek reply toe en vra hoekom hulle heeltyd kan post maar geen oproepe of WhatsApp's antwoord nie... toe word my comment delete - soos ek gedink het dit gaan gebeur.
Heel toevallig - Maandag 11May kry ek n boodksap wat se ek moet POP stuur voor hul kourier kan book - net om terug te reply dat die balans al 7 maart betaal was...
Om 5 maande vir iets te wag en geen kommunikasie te kry ni, en na jy 1 comment post op hulle goed kry mens vinnag jou order. Dis nie reg ni.
Nou my vraag is , as jy agter is met bestellings hoekom ni net jou kliente latweet of net antwoord nie? Die mense se kleinte diens is uiters *** en ek wil almal wat dink om hier te bestel net in kennis stel hoe jy behandel word..
As per invoice en POP's - Bestelling geplaas en deposito betaal 27 January 2026. Due date volgens invoice is 18 March 2026.
Share en tag hulle asb want ek is seker daarvan my goed gaan delete word.