1 reviews | Active since Member
Ek het vir 3de en 4de April 2015 elektronies betaal om daar te oornag. Binne twee ure nadat ek daar aangekom het , kon ek en my vrou nie die lawaai van gaste uithou nie. Ek het Monica Smith gaan sien en meegedeel dat ons gaan uittrek en sy het daar en dan voorgeneem dat sy my totale bedrag van R1540-00 sal terug betaal. Sy het selfs my bankbesonderhede geneem . Ek het daarna weekliks gekontak deur middel van eposse en telefonies ten einde my betaling terug te kry, slegs beloftes dat dit gedoen sal word. Ek het nerens enige dokumentasie geteken met inboek of uitboek of dat daar enige gelde verskuldig sou wees as ek sou uittrek. Die res van die hotel was seker op die meest 20% vol dus het ek nie die plek van moontlike ander gaste geneem en toe gelos nie.