1 reviews | Active since Member
Ons was al 'n vorige keer daar en het dit baie aangenaam gevind. Die nuwe opgraderings is ook 'n groot plus punt. Met die vorige keer het ons by die ingang gewoon. Die keer was ons in no27 aan die agterkant. Ons het Saterdag oggend uit gegaan en per ongeluk die verkeerde afrit geneem, dit was 'n "oneway" alhoewel ons probeer omverskoning vra het, het hulle by ontvangs baie ongeskik daarop gereageer. Ek voel dat dit totaal onnodig was, ons het bloot 'n fout gemaak. Dit was die eerste keer dat ons deur personeel so swak behandel is. Ek moes ons gaste omverskoning vra daarvoor, en hulle sal beslis nie daarin belangstel om lid van Holiday Club te word nie.