1 reviews | Active since Member
Ons troue by The Barn at Redstone was absoluut ongelooflik! 🌿
Sarel en sy span was van begin tot einde fantasties – professioneel, vriendelik en altyd bereid om te help. Ons het regtig gevoel asof ons op hulle hande gedra word!
Ons het reeds die Vrydag daar oorgeslaap, en van die oomblik wat ons aangekom het, het hulle ons só bederf en ekstra moeite gedoen om seker te maak alles verloop perfek. Die aand voor die troue was rustig en spesiaal, en op ons groot dag het alles foutloos verloop.
Die kos was flippin’ lekker – ons gaste het aanhou komplimente gee! Alles was smaakvol voorberei en pragtig bedien. 🍽️
Sarel, baie dankie vir jou ongelooflike diens, jou geduld en jou opregte sorg vir elke detail. Jy en jou span het ons troudag onvergeetlik gemaak en ons harte gevul met dankbaarheid. Ons sal The Barn at Redstone vir altyd met die grootste waardering onthou en met volle vertroue aanbeveel. 💛