1 reviews | Active since Member
Ek wil net 'n aanprysing gee vir Pieter van "The Lock Shop" in Centurion. Ek het 'n wesenlike probleem met vervoer ervaar omdat my voertuigsleutel volgens my kennis, foutief was. Ek het vir Pieter ges***el en hy het 'n huisbesoek gaan doen om die sleutel te vervang. Met sy aankoms by my huis, het hy uit sy eie diagnostiese toetse gedoen en vir my laat weet dat die sleutel nie foutief is nie, maar dat daar 'n ander elektriese fout met die voertuig is, en dat ek kundige mense moet ****ak om dit te herstel. Ek het hom gevra wat sy koste is, waarop sy reaksie was dat hy dit as 'n menliewendheidsdaad gedoen het. Wat 'n voorbeeld in vandag se tye!