1 reviews | Active since Member
Ek is baie tevrede met die blomme wat ons gekry het vir my seun se troue. Dieselfde kan egter nie gesê word van die behandeling wat my vrou gekry het toe sy die blomme wou gaan optel nie. Omdat hulle nie hulle werk dedoen het nie, wou hulle nie die blomme laat uit gaan nie. Hulle het teen my vrou opgetree sodat sy soos n misdadiger gevoel het. Gelukkig het my dogter haar bank kaart daar gehad en kon die kastige uitstaande bedrag betaal wat toe reeds drie dae terug betaal was. Wil net hê hulle moet seker maak van hulle saak voordat hulle jou beskuldig en soos n skurk laat voel. Gelukkig was hulle darem eerlik grnoeg om die geld terug te betaal, maar geen verskoning vir die onnodige stres waaronder hulle ons geplaas het nie. Ek veronderstel geld praat.