BITTERLIK SPYT Ek het my Mercedes C220cdi W204 met 646 enjin na Clemen geneem om die katalisator uit te haal en die EGR uit te blok want die EGR liggie was aan en dit sou blykbaar die probleem oplos. Vlak 1 sagteware is ook gedoen. Na ek die voertuig teruggekry het was daar fout met die versnelling en die kar het erg op lae rpm gerook, maar baie erg. Ek het die voertuig 3 keer teruggeneem, na die eerste keer was die versnelling reg maar die rook was na die 3de keer steeds nie reg nie. Ek het ander mense begin nader ongelukkig teen heelwat koste, om met die rook te help want dit was ’n stoomlokomotief. Danie van M-Centre het dadelik gevra – Het jy die kat uitgehaal? So het Richard van Rautomech het dit bevestig. Richard het vir my ‘n kat teruggesit en die rook was weg. Ek het Clemen om kommentaar gevra en hy hou net aan met dat dit die EGR is. Hy beskuldig my dat ek die probleem is. Die feite is dat toe ek die kar na Clemen geneem het, het hy dadelik na hy klaar was begin rook sonder die kat wat Clemen uitgehaal het. Die vraag is nou moet Clemen mens waarsku dat jou kar na die tyd gaan rook, veral as Danie en Richard so vinning en maklik die oorsaak vir die rook as die verwydering van die kat beskryf en toe die kat terug is is die rook weg? Clemen ontken dit. Clemen is ’n Inginieur, op sy webwerf staan die volgende geskryf: “More Power, better fuel consumption and added features” “Specialist Diagnostic Services” “Professionally Qualified” Nou sodra ‘n mens jou as ’n Professionele Spesialis uitlaat, laat jy jouself nie ruimte vir enige foute nie en sou ek verwag dat so Professionele Spesialis pa staan vir sy werk en verantwoordelikeheid neem vir sy werk. Dit gebeur ongelukkig nie hier nie. Hierdie “Professionele Spesialis” verwys my na sy prokureur. Dis jammer dat Clemen nie pa wil staan vir sy brouwerk nie en dat hy nie enige verantwooirdelikheid vir sy brouwerk wil neem nie. DAAROM IS EK BITTERLIK SPYT EK HET OOIT UNIQUE MOTOR SPORT leer ken en van hulle gebruik gemaak. Ek hoop my episode kan voornemende verbruikers keer om die selfde foute te maak. Jaco van der Merwe
Best regards,
Best regards,
69 total reviews on Hellopeter