1 reviews | Active since Member
Ons het n huis van Mnr Richard Walsh gehuur vir die naweek van 23-25 Februarie 2024 .
Ek skryf hierdie brief omdat ek graag saam met ons kinders wou kuier om my en my man se huweliksherdenking te vier. Lihana het die plek beapreek en ek het daarvoor betaal.
Ek was dus baie teleurgestel met wat ons vir n duur naweek gekry het. Een kamer het geen oopmaak vensters of n buite deur nie (wat natuurlik teen die wet is). Daar was 2 waaiers en de derde kamer moes sonder een regkom Daar was geen hangers om klere op te hang nie (wat maak mense met jou klere?) Twee van die kombuis wasbakke kon nie water hou nie. Die proppe moes met plastiek toegedraai word en dan in die wasbak gesit word om vloeistof in te hou Wanneer die plastiek stukkend is, begin die proses van voor af Aangesien beurtkrag elke dag met ons is, verwag gaste dat daar darem iets soos bv n klein gasstofie met vuurhoutjies sal wees om net n bietjie koffie te kan maak. Ons moes maar die vroegoggend koffie laat oorstaan en daarsonder gaan. Die buite asblik het nie n deksel nie. Dit beteken al die afval kos bly in die oop blik. nodeloos om te se teen Saterdag was dit net brommers en goggas om die blik. Ons moes dit self vat en wegry.
Ek hoop jy verstaan my teleurstelling en die feit dat ons beslis nie iemand na jou sal verwys nie.