1 reviews | Active since Member
Ek sal nie weer van hierdie praktyk gebruik maak nie. Die ongeskikte ontvangsdame en nalatigheid is die redes. Ek het dit vooraf duidelik gestel dat ek nie persoonlik die nuwe bril kon gaan afhaal nie ('n heen-en-weer afstand van 640 km.), en dus moes gebruik maak van 'n koerier. Desondanks het die praktyk nagelaat om tydens hulle kosteberekening die koste van die koerier in te sluit - eers twee weke later die verrassing. Dis nie goeie diens nie.