1 reviews | Active since Member
Vrede Best het my verhuising hanteer gedurende Okt 2022. Dit was chaos !! Eers was die trok te klein. Die "direkteur" gee toe opdrag dat hulle moet sorg dat alles in kom al beteken dit hulle moet alles weer uitlaai en van vooraf in laai. My goed was ingedruk tot teen die dak. Groot skade aan my banke, stoele, wasmasjien, ysmasjien, tuimeldroer, stoele .... aan alles !! Items was bo op my wasmasjien gelaai. My banke en stoele se ruglenings is bo stukkend soos dit teen die trok se dak geskuur het. Van my goed moes by vriende gestoor word en 'n t****e vrag met 'n ander trok het dit eers 'n maand later deur gebring. Hulle maak beslis nie die meubels toe met komberse nie. Ek het verskeie eposse aan hulle gestuur tesame met fotos wat die skade wys. Hulle het dit eenvoudig geignoreer en geen terugvoer gegee. Ek sal niemand aanbeveel om hulle te gebuik nie. Alles lyk net goed totdat hulle voor jou deur stop en begin om alles te laai. Hulle neem GEEN verantwoordelikheid vir die skade wat aangerig word deur hulle latigheid. Ek sal niemand aanbeveel om van Vrede Best gebruik te maak nie. Kom kyk gerus hoe my meubels beskadig is.