Active since Sep 2020
ABSA se aanlyn stelsel is nie in staat om my IT3 sertifikaat vir my te gee nie. As ek egter 'n addisionele R 130 fooi betaal sal ABSA egter vir my die sertifikaat epos. Agv die industrie waarin ek werk moet my state einde Junie ingedien wees. ABSA sal egter eers na einde Junie die sertifikate aanlyn beskikbaar he. Dit is duidelik 'n wyse om nog geld te maak en fooie te vorder vir dienset wat ABSA reeds veronderstel is om te lewer.
Dit is 'n skande dat Wiesenhof koffie winkel by Life The Glynnwood R 26 vra vir 500ml water. R35 vir 'n klein Coke. Dit is eenvoudig uitbuitery vir mense wat gewoonlik reeds nie op 'n goeie plek is nie. Ek sal uit beginsel hulle nie ondersteun nie !
Uiters swak diens en absolute nalatigheid met die hantering van my meubels. Eers was die trok te klein en moet daar 'n 2de trok gebruik word. My meubels was ongelooflik baie beskadig. Geen terugvoer na menigte klagtes. Sal hulle vir niemand aanbeveel nie !
My trek is deur VredeBest gedoen. Swakste diens ooit. Swak reelings. Trok te klein. My meubels beskadig. Verskeie klagtes en bewyse na VredeBest gestuur. Geen reaksie. Hulle het geen respek vir die eiendom wat hulle vervoer. Daar word voorgegee al die meubels word in komberse toegemaak, dit is onwaar want as dit so was sou my meubels nie beskadig gewees het nie. Dankbaar ek het nie my breekbare kartonne deur hulle laat vervoer nie. Ek beveel hulle vir niemand aan nie.
Ek en my kinders is nuwe lede by Bonitas. Daar word gevra ons moet ons eerste premie inbetaal aangesien die debietorders nie aangebied gaan word vir die 1ste maand. Dieselfde dag wat ons dit oorbetaal - vorder hulle dit ook by die bank. Nou wil hulle nie die geld dadelik terug betaal nie - nou moet ons 7 werksdae wag. Ek het werklik nog net uiters swak diens by Bonitas gekry !
Vrede Best het my verhuising hanteer gedurende Okt 2022. Dit was chaos !! Eers was die trok te klein. Die "direkteur" gee toe opdrag dat hulle moet sorg dat alles in kom al beteken dit hulle moet alles weer uitlaai en van vooraf in laai. My goed was ingedruk tot teen die dak. Groot skade aan my banke, stoele, wasmasjien, ysmasjien, tuimeldroer, stoele .... aan alles !! Items was bo op my wasmasjien gelaai. My banke en stoele se ruglenings is bo stukkend soos dit teen die trok se dak geskuur het. Van my goed moes by vriende gestoor word en 'n t****e vrag met 'n ander trok het dit eers 'n maand later deur gebring. Hulle maak beslis nie die meubels toe met komberse nie. Ek het verskeie eposse aan hulle gestuur tesame met fotos wat die skade wys. Hulle het dit eenvoudig geignoreer en geen terugvoer gegee. Ek sal niemand aanbeveel om hulle te gebuik nie. Alles lyk net goed totdat hulle voor jou deur stop en begin om alles te laai. Hulle neem GEEN verantwoordelikheid vir die skade wat aangerig word deur hulle latigheid. Ek sal niemand aanbeveel om van Vrede Best gebruik te maak nie. Kom kyk gerus hoe my meubels beskadig is.
I Bought 3 Extra Blue Unique 4 way stretch jeans, the first one I bought was during March this year. Only 4 month later - and I didnt wear them so much - they show signs of damage on the stitches between the legs. All of them !! It cost me a fortune and now Sissy Boy dont even respond to my emails ! This is not my first Sissy Boy - all my jeans are Sissy Boy - but this is the first ones with this problem. Sizes are the same and isnt too small. I am very disappointed and wont buy a Sissy Boy again !! They dont even answer the phone, they are only rining non stop !
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.