1 reviews | Active since Member
Ek werk vir n groot familie winkel wat vir talle mense in die dorp diens lewer. Ons betaal om 3maal per week deur die vullis verweidering gehelp te word op maandae woensdae en vrydae. Die laaste tyd word ons slegs 1 maal per week gehelp. Ons werk met kos en higiene en dis n gesondheids risiko as al 50 ons vullis dromme met die wiele propvol vullis sakke is en boonop nog n magdom sakke bo op moet gooi. Ek bel gereeld die persoon in beheer van die vullis afdeling en beloftes word net gemaak dat hy nou n trok sal stuur en dan kom daar geen trok nie. Dit raak somer so dit lok vliee ook nog wat n groter hiegiene probleem gaan skep. My volgende stap sal ek maar al my fotos as bewyse en oproepe na munisipaleit vir die gesondheids inspekteur moet wys. Dis uiters swak diens. Ek verstaan as vullis trokke breek en daar n tekort is, maar ons bly betaal vir 3keer se optel n week. En om net 1 keer n week gehelp te word is onaanvaarbaar. Die groot maatskappye dra by vir n groot finansiele hupstoot by baie projekte in gemeenskap en werk met baie vullis. Sekerlik moet hulle tot verplig word om voorkeur te geniet by sulke goed.