1 reviews | Active since Member
Ek is teleurgesteld in my bestelling wat ek geplaas het en wat ek ontvang het. Ek het 'n naked wortelkoek met cream cheese frosting, sonder enige versiering, aangesien ek vars blomme gebruik het (foto voorbeeld verskaf) tesame met 4 macaroons (kleur voorbeeld verskaf) wat deel uitgemaak het van versiering op koek vir 'n 1ste kleinkind se babatee, bestel. Bakker het per whatsup bevestig dat koek 25 cm groot sou wees. Volle betaling vir bestelling is 6 weke voor die tyd gedoen ter bevestiging van my bestelling. Bestelling is 7 dae voor die funksie deur my per whatsup bevestig, waarop bakker my deur whatsup ges***el het ter bevestiging en dat ek ongelukkig nie die koek die Saterdag (dag voor die funksie) soos ek versoek het kan afhaal nie, maar eers die Sondag oggend (die dag van die funksie). Die Sondag oggend ontvang ek egter 'n kleiner (? cm) koek met 'n klomp cupcakes van verskillende grotes met gewone versiersuiker frosting en nie cream cheese frosting soos bestel is nie. Die Macaroons was die 1 helfte groter as die ander helfte en so opmekaar gesit met filling tussen in en 2 van hulle was deel van die kante gebreek.