1 reviews | Active since Member
Ek is teleurgesteld in die koek wat vir my gebak is. Ek het gevra vir 'n 25cm wortelkoek met cream cheese frosting en dit is verseker nie wat ek gekry het nie. Wortelkoek soos ek hom ken word versier met cream cheese frosting, hierdie koek wat met klip harde icing versier. Was niks lekker gewees nie! Ek het ook 'n 25cm koek bestel sonder cupcakes, toe kry ek 'n koek met 'n klomp cupcakes en die cupcakes was nie almal dieselfde grote nie... Die Macaroons was 'n mooi kleur maar ook hulle was nie almal ewe groot nie, die een kant was groter as die ander kant toe hulle op mekaar geplak is. Daar was seker 3 van hulle wat stukkie op die kante afgebreek was.
Dit het vir my gevoel dit was afskeep werk, want dit het gelyk op fb en instagram jy het 'n troue gehad. Daar was ook vir my gesê dat jy net 1 koek per dag aanpak... My bestelling was meer as maand voor die geleentheid bestel en tenvolle betaal! As ek dit geweet het het ek by iemand bestel wat my bestelling tot op die T sou uitvoer. As mens ja sê vir 'n bestelling gee jy wat klient wil hê en bestel het en nie na jou goed denke nie. Baie teleurstellend!