1 reviews | Active since Member
Ek was glad nie baie gelukkig met die uitkoms van die 'elektrisiën' se besoek nie. Hy het probeer om die fout te kry en het net gesê hy sien niks fout nie. Ek het nogal by myself gedink...Shame man, miskien is dit die ou se eerste week in die lyn van werk. Want...toe ek later die aand toe tyd maak en maar self aan die werkspring met meter en al.....kry ek binne etlike minute die fout. Dis net jammer my tyd is bitter beperk, anders kon ek nou R1250 n teleustelling gespaar het. Om te dink hy was skaars 30min hier...net om later sy skouers op te trek. "Ek voel n veer" houding. Dis jammer! Verder....is julle faktuur/dokument stelsel ook nie heel lekker nie! Die rekening is al 2 weke terug betaal maar julle tel dit nie op nie. Julle meen die betaling se verwysing moet die 'Document Number' wees....maar daar is dan nie 'n spesifieke 'Document Number' nie. DUS maak ons toe die verwysing: 'Document Number'. Die feit dat jul dit nie eers kan op tel nie gaan my verstand te bowe. Dalk kry jul juis so baie betalings in vir foute wat jul nie kan kry nie. Meneer die eienaar: Daar is gate in jou emmer en jy verloor water.