1 reviews | Active since Member
My motor staan al vanaf die 21ste Oktober by Ashlee Panelshop. My vesekering het my met die dag van die ongeluk na hulle verwys. Die eerste kwotasie van Ashlee Panelshop is nie deur die versekering aanvaar nie en ek het twee nuwe kwotasies aangevra by ander paneelkloppers. Die versekerings maatskappy het n ander kwotasie aanvaar en hulle het opdrag gegee dat die motor van Ashlee Panelshop verwyder moet word. Deon van Ashlee Panelshop het toe gese dat hulle die motor vir n aansienlike verminderde kwotasie sal herstel. Wat die selfde bedrag is as een van die ander paneelkloppers. Na baie oproepe na Deon kry ons nie terug voer nie!! Ashlee Panelshop gee duidelik nie om of n mens se voertuig n jaar in hulle werkswinkel staan nie!! Hulle diens is baie swak en doen glad nie wat hulle belowe nie!! Ek gaan seker maak ander kliente is bewus van hulle swak diens en ek gaan nie die saak hier los nie!!