1 reviews | Active since Member
4 x BF Goodridge Michelin Mud Terrain bande (31/10.5/15) aangekoop Oktober 2010 by Tiger Wheel + Tyre (N1 City). Die bande was elke 8000km geruil en gebalanseer. Met eerste ruiling, ontdek ek n knop op een agterband se loop. Ek koop dadelik n ander band, en glo ek het dalk iets verkeerd gedoen...
Julie 2016, verloor 2 bande – 1 bars en beskadig voor modderskerm, kostes vir my sak. Ander band maak weer n knop op die loopvlak. Ek vervang die 2 bande met 2 t****ehandse BF Goodridge (presies dieselfde wat ek gehad het) maar 2009 bande. November 2017 – NOG ‘n 2010 band bars en beskadig agter modderskerm, ABS draad asook handremkabel. (Kostes vir my sak!)
Mei 2018 – Laaste 2010 band bars ook, en WEER dieselfde skade aan voertuig.
In 2016, na 2de en 3de band gebars het, kontak ek die verteenwoordiger van BF Goodridge, wat saamstem dat die bande “separate”, maar kan nie ‘n verklaarbare antwoord gee nie. Volgens my is daar ‘n probleem met die 2010 bande gewees. Die 2009 bande loop onder dieselfde omstandighede, is n ouer band, en daar is GEEN “separation” nie!!.
Volgens verteenwoordiger van BF Goodridge kan hul niks doen as band ouer is as 5 jaar nie. Van 2010 tot op hede, het die voertuig SLEGS +-50 000km gedoen!!
Die vraag is: Moet jou bande weggegooi word na 5 jaar?? Is hul leeftyd net 5 jaar?? OF is dit net n swak band/maak en klaar??
Ek was gelukkig met die werksverrigting van die band. Ek moet nou bande vervang, maar wil weet of ek ‘n herhaling van die episode gaan hê?? Want NIEMAND kon vir my ‘n antwoord gee nie, geeneen van BF Goodridge was bereid om ondersoek in te stel nie!!!