1 reviews | Active since Member
Otrago springbok koop ek 2x firestone 205/55r16 bande . Die bande is nie in vooraad nie ,en ek verstaan dit 100% en daar word mee gedeel die maandag 21.10.2024 dat die bande dinsdag 22.10.2024 daar sal wees . Dinsdag 22.10.2024 om 10 uur is ek daar en word met my mee gedeel die bande is opad dit is reeds op vanrhynsdorp . 15:00 gaan ek weer net om te hoor die bande het nog nie gekom nie maar is opad . 23.10.2024 is ek weer waarna die man wat die bande aan my verkoop het kathu toe gery het en dat die mede werkers met my meedeel hulle hoop die bande sal 24.10.2024 dalk daar wees . Ek bly n 110km van springbok af en glo die is bitter swak en sou graag wou he dat patrik net moes opvolg is die bande gelaai en opad voor hy my so op en af laat ry vir lee beloftes . Ek is gelukkig met die prys maar sy diens glad nie