1 reviews | Active since Member
Nadat ek die advertensie vir die voertuig op Cars.co.za gesien het, skakel ek die nommer en praat met Japie van Reeuwyk. Hy skep onmiddelik 'n aangename verhouding en reel dat Mems Kariem my sal skakel. Mems skakel en laat voel my dadelik op my gemak. Hy verskaf volledige inligting oor die voertuig en toe ek noem dat ek in die Wes-Kaap is, bied hy aan om met Japie te praat oor die koste van 'n vliegkaartjie. Hy skakel later terug en bevestig dat hulle nie net die helfte van die vlugkaartjie sal betaal nie, maar ook sal reel dat die drywer Sello my by die lughawe sal kry. Dit is mos klientediens! Voor my vertrek skakel Mems weer om seker te maak alles is nog in plek. Sello stuur ook 'n boodskap toe hy by die lughawe aankom om seker te maak dat ek hom sal herken. Dit is mos goeie kommunikasie! Die verkoopsproses word 'n aangename ervaring met rooi satynlaken en strik op die kar (selfs al is dit maar 'n t****ehandse voertuig) met koffie en foto's. My eiesoortige betalingswyse word ge-akkomodeer en die kar word volgemaak met brandstof. Reg aan die einde sit Gawie hand by om die diensboekie gereed te kry en ook my selfoon te koppel. Dit is mos hoe 'n klient vooropgestel word!! Nou glo, hoop en vertrou ek net die voertuig gee my dieselfde goeie diens! Ek sal hierdie handelaar en die hele span met groot vrymoedigheid aanbeveel!