1 reviews | Active since Member

11 uur vanoggend ry ek verby Robinson Hospitaal, daar is 2 lyne as jy wil links draai na Robinson se kant toe is dit logies dat jy in die linker baan moet wees, maar as jy in die linker baan is kan jy ook reguit aan ry, as jy dus in die regterkantste baan is dan kan jy nie links daar draai nie, as jy nie jou lisensie gekoop het nie dan behoort jy dit te weet.

Maar die idiot is in die regterkantste baan, ek is in die linkerkantste baan, kan nie sien of die idiot n' flicker aan het nie want ek staan langs hom, soos ek vorentoe gaan besluit hy om links te draai ek slaan briek en die poephol ook, ek dink nogal *** gaan aan met die ding hy mag nie hier links draai nie, maar lyk of hy skielik besef want hy briek, ek begin weer vorentoe te beweeg en hy sal sowaar weereens links begin draai asof hy in my kar wil in jaag, ***, ek le op my hooter wie gee hom die reg om te ry soos hy wil, en raai wat doen hy? Hy le op sy hooter vir my *** hy is verkeerd hoekom le hy op sy hooter!? Kry asb mense wat kan bestuur, ek het ongelukkig nie sy details nie want soos ek se ek was langs hom, kon net sien dis grain carriers.

Pateties.