1 reviews | Active since Member
Dankie aan Charmaine, bestuurderes van Hassar Grill en aan al die personeel wat 'n date night so ongelooflik maak. By Hussar Grill kan ons elke Dinsdag aand n lekker date night geniet. Pragtige reastaurant, mooi gedekte tafels met materiaal tafeldoeke, mooi servette en absoluut heerlike kos. Die bottel wyn wat ingesluit is in die prys is regtig van hoogstaand gehalte. Ek kan met vrymoedigheid die date night op 'n Dinsdag by Hassar aanbeveel. Dankie aan almal wat dit 'n heerlike uit eet maak. Alta de Beer en Attie Botha