1 reviews | Active since Member
Ons het Irene Farm *** Lane bespreek vir ons kinders se matriekafskeid wat op 1 Oktober 2025 plaasgevind het. Die venue self is baie mooi, maar die administrasie en kommunikasie was deurgaans uiters swak.
Vanaf die begin het ons verskeie kere gevra vir hul Terms & Conditions, maar dit is nooit aan ons voorsien nie. Na die funksie probeer hulle om ekstra kostes by te voeg vir ons venue fotograaf.
Van ons kinders wat wel foto’s geneem het by die venue (anders as die arrival fotos) het die R150 per persoon betaal soos hulle op daardie tydstip op die webwerf gespesifiseer was. Ongelukkig is die webwerf baie verwarrend, dit het oorspronklik R200 per paar vir matriekafskeid-fotos aangedui, en nou noem dit R150 per volwassene. Hierdie tipe teenstrydige kommunikasie maak dit uiters moeilik om te weet wat regtig van ons verwag word.
Hierdie koste was nooit vooraf genoem, ooreengekom of op enige faktuur aangedui nie.
Tot ons verbasing is hul webwerf intussen verander, en nou probeer hulle die nuwe bepalings gebruik as rede vir bykomende fooie. Dit is onprofessioneel en oneerlik teenoor kliënte wat reeds volgens die oorspronklike ooreenkoms betaal het.
Ons groep voel sterk dat hierdie manier van sake doen onaanvaarbaar is. Die venuefooi van R10 000 behoort alle standaardfasiliteite in te sluit, en die foto’s wat daar geneem is, is in elk geval gratis bemarking vir hulle.
Ek sal beslis nie Irene Farm *** Lane aanbeveel vir enige toekomstige funksies of skoolgeleenthede nie.