1 reviews | Active since Member
Soos belowe, gee ek elke Maandag terugvoer oor hierdie saak. Ek het n oproep van mnr Pienaar, wat vir mnr Bolhuis werk, gekry en ek is aangesê om my opmerkings van die sosiale af te verwyder. Ek sien dit as n dreigement en het dit ook so aan die SAPD deurgegee. Die vraag is nou, is mnr Bolhuis eerlik? Kan hy vertrou word? Het hy enige integriteit? Ek wag in spanning om te sien wat gaan gebeur! "Mnr *** het my R92 000 geskuld. Ek het mnr Bolhuis gevra om die geld in te vorder. Hy het sy werk gewaarborg en ek het hom R10 000 betaal. n Dag later het ek by mnr *** se huis verby gery en vir mnr Bolhuis laat weet wat die adres is en dat ek gesien het hoe mnr ***, sy vrou en twee kinders kruideniers uit sy voertuig laai. Mnr Bolhuis het mnr *** ges***el en n afspraak met hom gereël. Mnr Bolhuis wou nie die afspraak nakom nie en my gestuur om mnr *** te ontmoet. Mnr *** het met sy prokureur opgedaag en gesê hy gaan nie die geld terug betaal nie. Hy het toe gesê dat hy n klag teen mnr Bolhuis gelê het by die SAPD. Ek het mnr Bolhuis gaan sien en hy het gesê sy mense het al soveel tyd aan my saak spandeer, hulle het selfs mnr *** se adres gekry en gesien hoe mnr ***-hulle kruideniers uitlaai. Presies die inligting wat ek aan mnr Bolhuis verskaf het. Mnr Bolhuis het my ook meëgedeel dat hy met die SAPD gereël het dat die klagte teen my nie opgevolg word nie. Dit, terwyl die klagte teen mnr Bolhuis gelê is. Hy het mos mnr *** ges***el en hom gedreig! Aangesien mnr Bolhuis slegs n oproep gemaak het en niks verder gedoen het nie, dring ek daarop aan dat my geld terug betaal word. Die feit van die saak is, mnr Bolhuis het nie my geld ingevorder nie. Volgens sy waarborg, moet hy my geld teruggee. Ek maak staat op julle integriteit en eerlikheid. Groete. Eben Dowd".