1 reviews | Active since Member
Dit is alweer Maandag en ek wag steeds om van mnr Bolhuis of sy werknemers te hoor. Ek is oppad na die SAPD om die vordering van die saak aan hulle oor te dra. Ek begin nou twyfel aan die eerlikheid en integriteit van mnr Bolhuis. Kan mnr Bolhuis vertrou word? Is mnr Bolhuis bloot *****? Hoe kan hy, namens ander mense, uitsprake maak op sy belaglike tv program? "Mnr *** het my R92 000 geskuld. Ek het mnr Bolhuis gevra om die geld in te vorder. Hy het sy werk gewaarborg en ek het hom R10 000 betaal. n Dag later het ek by mnr *** se huis verby gery en vir mnr Bolhuis laat weet wat die adres is en dat ek gesien het hoe mnr ***, sy vrou en twee kinders kruideniers uit sy voertuig laai. Mnr Bolhuis het mnr *** ges***el en n afspraak met hom gereël. Mnr Bolhuis wou nie die afspraak nakom nie en my gestuur om mnr *** te ontmoet. Mnr *** het met sy prokureur opgedaag en gesê hy gaan nie die geld terug betaal nie. Hy het toe gesê dat hy n klag teen mnr Bolhuis gelê het by die SAPD. Ek het mnr Bolhuis gaan sien en hy het gesê sy mense het al soveel tyd aan my saak spandeer, hulle het selfs mnr *** se adres gekry en gesien hoe mnr ***-hulle kruideniers uitlaai. Presies die inligting wat ek aan mnr Bolhuis verskaf het. Mnr Bolhuis het my ook meëgedeel dat hy met die SAPD gereël het dat die klagte teen my nie opgevolg word nie. Dit, terwyl die klagte teen mnr Bolhuis gelê is. Hy het mos mnr *** ges***el en hom gedreig! Aangesien mnr Bolhuis slegs n oproep gemaak het en niks verder gedoen het nie, dring ek daarop aan dat my geld terug betaal word. Die feit van die saak is, mnr Bolhuis het nie my geld ingevorder nie. Volgens sy waarborg, moet hy my geld teruggee. Ek maak staat op julle integriteit en eerlikheid. Groete. Eben Dowd".