1 reviews | Active since Member
Goeie dag Martie,
Ek het my bestelling op 29 Julie 2025 geplaas en volledig betaal. Ek het verwag dat die pakkie gestuur sou word soos ooreengekom. Nou dat ek my frustrasie uitspreek en sê ek sal die saak by Hello Peter aanmeld, plaas jy ‘n status wat dit laat lyk asof ek verkeerd is.
Ek is moeg vir die swak diens wat ek ontvang. Ek verwag dat my bestelling onmiddellik gestuur word en dat ek ‘n bewys van versending ontvang. Indien dit nie gebeur nie, sal ek ongelukkig genoodsaak wees om die saak verder te vat.
Groete, Eugene