1 reviews | Active since Member
Wees maar baie versigtig as jy met Pc Palace Irene tak wil besigheid doen. Hulle stel belang in die kliënt se geld maar is nie ingesteld op diens nie. Dit was my ondervinding toe ek foutiewe komponente wou terugbesorg. Die verkoopspersoon was baie slim en het allerhande verskonings en stories gehad om nie my geld terug te betaal nie. Die bestuurderes wou ook nie haar mondelingse beloftes aan my gestand doen nie. Sy is glad nie te vertrou nie en mens kan glad nie haar woord aanvaar nie. Ek het finansiële verliese gelei deur met Pc Palace besigheid te doen en kan hul hoegenaamd nie aanbeveel nie. Soek maar liewers n ander besigheid vir jou elektroniese behoeftes. Hulle is nie te vertrou nie.
G van Zyl 0827155558