1 reviews | Active since Member
Ek is 'n betalende klient van Ooba Insurance, wat Plumb Pro Direct Pty Ltd as verskaffer gebruik. So, bars ons geyser op die KOUDSTE tyd, twee weke gelede. Ons versekering stuur toe Plumb Pro Direct Pty Ltd uit na ons toe om 'n kwotasie te doen. Hulle het gesien dat die geyser aan die agterkant van die huis is en heeltemal apart van die binnekant van die huis. 'n Dame van Plumb Pro Direct Pty Ltd, Joraine - skakel my toe op Donderdag, 5 Augustus om te laat weet dat die eis goedgekeur is en dat hulle die geyser wil kom vervang. Ek moes haar toe meedeel dat ons die oggend positief getoets het vir Covid. Ek het wel probeer verduidelik dat die geyster HEELTEMAL buite die huis is en dat die werkers glad nie nodig het om enige kontak met ons te he nie. Sy bel my toe na 2 ure terug en verduidelik dat sy ons versekering geskakel het en dat ons versekering laat weet dat hulle geensins die eis gaan uitbetaal, tensy ons 'n negatiewe toetsresultaat kan voorle nie Dit is nou dat 15 vandag ek siek geword het en dag 11 van isolasie. Terug by die werk, besluit ek om ons versekering te bel en te vra of dit wel so gebeur het. Nodeloos om te se: dit is nie die waarheid nie en daar is GEEN rekord dat die versekering dit gese het nie! My groot vraag: WIE GEE DIE VERSKAFFER DIE REG OM NAMENS DIE VERSEKERING (WAT EK BETAAL) 'N BESLUIT TE NEEM EN DIE KLIENT DAAROOR TE BEL. Hoekom het my versekering my nie hieroor geskakel nie? ..... WANT DIT IS 'N LEUEN! Ek skakel toe Plumb Pro Direct Pty Ltd en praat met Nadia. Nadia verskree my so dat ek amper nie 'n woord inkry nie. Sy se sy gaan nie haar mense blootstel aan Covid nie. REG NADIA - EK STEM SAAM - maar regverdig dit dat jy die klient bel en vir hulle LIEG???? ONS GAAN UIT DIE AARD VAN DIE SAAK NIE JULLE DIENSTE GEBRUIK NIE EN EK HOOP VAN HARTE GENOEG MENSE SIEN HIERDIE RAAK VOORDAT JULLE DIT VERWYDER!
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.