Active since Sep 2019
Swak kommunikasie en onbuigsame kansellasiebeleid – wees bewus Ek plaas hierdie review om ander gaste bewus te maak van my ervaring met Ocean Breeze Hotel in Strand. Ek het vroegtydig ’n bespreking gemaak, maar moes dit kanselleer nadat die rede vir my besoek verander het. Wat my die meeste teleurgestel het, is dat die hotel slegs ’n streng “30-day full money back” kansellasiebeleid toepas. Buiten dit, verloor jy 50% van jou geld of jy kry ’n voucher wat binne drie maande gebruik moet word – wat nie vir almal prakties is nie, veral as jy nie gereeld in Strand kom nie. Wat egter die grootste probleem was, is die swak kommunikasie. Daar was ’n ooreenkoms dat indien my kamer weer bespreek word vir dieselfde datum, ek ’n volle terugbetaling sou ontvang. Ek is egter nooit proaktief ingelig oor wat gebeur het nie. Eers op die oggend van inboek het ek uitgevind die hotel is vol bespreek. Teen daardie tyd was ons reeds op pad Strand toe. Met geen duidelike kommunikasie of bevestiging nie, is ons in ’n baie ongemaklike situasie geplaas waar ons op kort kennisgewing alternatiewe verblyf moes probeer kry. Dit het onnodige stres, tydverlies en ekstra kostes veroorsaak. Wanneer ek versoek het om met ’n bestuurder te praat, is daar telkens gesê hy is nie beskikbaar nie, sonder enige verdere verduideliking of opvolg. Dit het my laat voel asof daar geen werklike poging van bestuur se kant af is om die saak reg te stel nie. My ervaring was dat die booking- en reservation kommunikasie beslis nie op standaard is nie. Ek deel dit sodat ander gaste bewus kan wees van die streng beleid en die moontlike gebrek aan duidelike, tydige kommunikasie.
Ek probeer Voda on Call Centre bel, maar elke keer as ek 082135 of 082111 bel, dan antwoord die masjien in n ander taal behalwe Afrikaans of engels die foon. Teen middernag gaan ek 6144mb data verloor. Hoe kan Vodacom net data wat ek gekoop en betaal het net expire? Ek probeer iemand in die hande kry om te hoor hoe ek van die data kan transfer of oordra na airtime, maar die masjien telefoon antwoord nie in n taal wat ek verstaan