Active since Jun 2020
Excellent service from Rudi. On time delivery of good product. Honest people. Called me back and told me I would be re-imbursted on a component that they did not need during installation. My next fireplace for my bedroom will also come from them. Well done team!
Ek was nog nooit so teleurgesteld in swak diens soos met hierdie mense nie. Ek gaan nie name noem nie, maar enige persoon is welkom om my te skakel vir die name van mense by hierdie maatskappy wat GEEN diens lewer nie. Dis winter en ek sit reeds vir vier dae sonder 'n warmwatersilinder. Vier dae gelede (22/06/2020) het G na my huis gegaan en tot vandag toe, NIKS VIR MY LAAT WEET NIE. Ek moes vandag agter hom aanbel net om te hoor ek moet maar die kantoor bel want hy kom in so baie huise, hy weet nie van watter huis of adres ek praat nie! Genade!! My bank se huisversekering het hulle deur FOGI aangestel en hul het nie eens die ordentlikheid gehad om my te laat weet wat fout is, OF waarvoor ek nou al vier dae moet wag nie. Nadat Z by die kantoor vir my sou uitvind wat aangaan, het hulle my gebel om te laat weet ek moet maar iemand anders met kennis van elektrisiteit soek en aanstel..... My reaksie was dat hulle die "order nommer" of bestelnommer het, hulle die geld gaan kry en dat hulle die probleem moet uitsorteer. Die houding van hulle telefoniste!! Daar is GEEN diens, so ek kan regtig nie sê dat dit swak is nie. Ek het maar my versekeraar geskakel en laat weet om almal die verleentheid te spaar, hierdie mense liefs nie op hul voorgestelde lys van diensverskaffers behoort te wees nie. Hoe desp[eraat moet hulle kliente nie wees nie. Sien ook hul ander "reviews"