Active since Mar 2025
As 1ste jaar LLB student is dit baie sleg om 'n jaar se studie geld te verloor as gevolg van proctorio. Dit blyk dat my kamera nie reg gestel was en my hande nie gesien kon word. Al my DA punte en 'n jaar se tyd en studie geld wat baie is vir my in die water gegooi. Ek was by die hoof kantoor in Centurion gewees nadat ek die nuus gekry het en wat 'n slegte ervaring. Ry byna 3 ure om die volgende woorde te hoor : As hierdie jou onder kry dink ek nie LLB is vir jou nie hoe gaan jy voor regter wees. WOW! dit is baie geld saam met baie werk vir take ens wat net verniet was omdat ek nie kamera reg gestel het nie. Wie die dame die reg gee om so teenoor student uitlatings te maak is regtig onvanpas . Dit is baie geld en tyd en jaar van my lewe wat gemors is vir niks. Ek studeer reeds afstand omdat ek werk. Ek is baie teleurgesteld hoe ek behandel is deur die dame. Ek moet wel net duidelik maak dat die lektors omgee en dat hulle klasse uitstekend aanlyn aangebied word. Hulle help regtig waar hulle kan en kom terug per epos of doen die nodige om te verduidelik en te help met studente.