Active since May 2015
Hiermee wil ek net vir Riekie en Leon bedank dat ons die situasie kon uitklaar.
Hiermee wil ek net graag vir Cornelia Siko en Hannes bedank vir al hulle hulp laas week met ons refund. As daar maar net nog mense soos julle is sal diensverskaffing wonderlik gaan.
Ons het op 25 Februarie die kontrak geteken om ons huis te verkoop. Die koper het 30 dae gehad om 'n verband te kry. Na twee maande toe ons begin vra wanneer gaan die registrasie nog nie begin nie, word ons ingelig nee die koper het nog nie 'n verbrand. Tog gee ons hulle nog verdere grasie om 'n verband te kry, sonder 'n wettige kontrak aangesien die kontrak al verval het.
En vandag kry ons die wonderlike nuus ons het 6dae om te trek want hy wil intrek. Dis moeilik om nou te trek aangesien my ma met twee gebreekte voete le. Toe ons se nee dit werk nie so nie het die agente Riekie en Leon elke keer 'n ander storie, hulle lieg so hulle glo hulself en onthou ook nie altyd lekker wat hulle lieg nie.
Baie teleurgestel in hulle diens belowe die maan en sterre maar doen niks om ons ook hul kliente se punt in te sien nie.
Ek is al 3 jaar terug gesekwestreer. Tot vandag toe weier Standard bank om die brief wat deur die Hoogeregshof uitgereik is te aanvaar. My rekening by hulle was almal positief gewees.

Ek het onlangs(Maart 2015) 'n spaarrekening by hulle oopgemaak. Wat 'n fout!!!

Toe daar geld in my rekening inbetaal is het hulle besluit om dit vir hulle te vat. Volgens wet mag jy geen krediteur betaal na die hof die brief uitgereik het nie. Probeer dit in hulle koppe in kry.

Die dag na hulle die geld gevat het (2April) het ek dadelik ingegaan tak toe en hulle het dit na die legal department gestuur. So karring ons nog steeds voort tot vandag toe en niemand weet wie se werk dit nou eintlik is nie, en moenie dink die call centre kan jou enigsins help nie. Hulle het nou die geld terug betaal na 'n groot bakleiery maar ek moet die bankkoste betaal op hulle fout!
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.