1 reviews | Active since Member
Proline V146GNR - Makro Alberton - sovêr so goed met die 2de een. Ek's 'n bejaarde en pensioenaris en waardeer nie die swak en onhoflike diens wat ons ontvang nie. Ek't die produk die 25ste direk by Alberton gekoop. Verpakking eenvoudig en goed. Die skootrekenaar soos aanbeveel eers oplaai gesit en eers die volgende oggend begin met die opstelling dmv die nagdata. Heelwat funksies is outomaties oorgedra , maar heelwat kort. Dit neem ongeveer 90min. Gelukkig het ek nie alles opgestel nie. 'n Week later weier die skootrekenaar om aan te s***el. Ek neem dit binne die 14dae omruil tydperk terug en ruil dit om. Dis nou amper weer 'n week verder, so ver so goed. Kyk maar altyd na die pamflet - uitleg spesifiek. Info onvolledig - as die battery gelaai is , is die liggie af. Die liggie sit langs die krag inprop en moet brand as dit laai. Myne is vuil rooi en agv die nie gladde afwerking gaan dit vinnig vuiler word. Dieselfde vir die raakblok - dit voel soos skuurpapier...teenoor my ou Alcatel 10 2in1 wat soos satyn voel. Opstelling verloop seepglad en die opstelling van Afrikaans. Waar my Alcatel 10 2in1 99% Afrikaans is - dit sluit die stelsel taal in, is die Proline net so rondom 70% Afrikaans en is die stelsel, alhoewel Afrikaans, steeds grootendeels Engels US. Die Proline 8G / 256G is net stadiger as die Alcatel 2G / 32G Oorfone 👍🏼 Poorte werk - X2 USB, X1 SD , X1 HDMI Wifi werk Bloutand 👍🏼 Nie HDR - 4K nie 1366x768 SDR Skerm duplikaat Skerm Projekteer na TV via GOOGLE ChromeCast / Miracast 👍🏼
Makro - baie teleurstellend dat die swart verkoopsmanne nie Afrikaans probeer verstaan nie - Engelse Arrogansie, ons was altyd geforseer om met Engelse kliënte Engels te praat. Maar wat vir Afrikaners geld, geld nie vir anti- Afrikaans Pro-Engels sprekendes nie. Hipokrasie g'n Demokrasie - Padblokkades, Erfbelasting en Lisensies - Burokrasie g'n Demokrasie Oor die algemeen is die personeel onvriendelik tot bietjie vriendelik. Omruil personeel hanteer produkte baie nalatig en onhandig...soort van rof. Epos aan beide Makro en Proline ( Oplyn Ondersteuning)is tot vandag tot nou beantwoord - GEEN REAKSIE... Tot en met 1 maand later het slegs Makro swak gereageer. Die 2de Proline V146GNR - Makro Alberton
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.