1 reviews | Active since Member
O my genade... Hierdie ratings op Hallopeter is verruklik.... Ek is baie verbaas dat ek al hierdie slegte kommentaar oor Puredier sien.
My man boer met Dorpers en hy het uit n grap uit vir hulle n kiekie gestuur van n dorper om dit op hulle T-hemde te sit. Hulle het kortliks daarna fluks gereageer met n dorper hempie voorbeeld en my man was baie verras.
Ons het elke kleur beskikbaar in sy grote bestel en hulle het 1 hempie in my grote vir ons gratis gegee. Hulle het wel n rukkie geneem om die hemde te print maar dis omrede hulle die nuwe Dorper "print" moes maak. Wat heeltemal te verstane is.
Hulle reageer flink per Whatsapp boodskappe en hou jou op hoogte.
Ons het ons pakkie toe ontvang waar elke hemp mooi netjies op gerol is in bruin papier geseël met n sticker me6t die dorper op, en so ook op gerol sodat die dorper naam verskyn as jy die pakkie oop skeer. Dis mos nou ekstra moeite daai.
Wraggies ek is aangenaam verras met hulle diens. En toe ek hierdie 1 ster ratings op Hellopeter sien MOES ek net die saak kom reg stel. Mense ek koop al jare aanlyn, ek het n swart belt in aanlyn aankope.
Ons het self ons eie maatskappy en verstaan wat dit neem on die ekstra myl te stap vir n kliënt. Die mense doen waarlik, net dit. Ek voel regtig jammer vir die vorige mense wat hierdie ratings getik het en dit mag dalk waar wees, n wors het twee kante ja. Maar my ervaring met hulle was baie positief en ek kan oor niks kla nie, net komplimenteer.