1 reviews | Active since Member
Die Wes-Kaap regering word allerweë beskou as van die bes regeerde dele in ons land. Dit was dus 'n groot ontnugtering toe ek nou onlangs met die voertuiglisensie afdeling moes probeer reël om 'n persoonlike voertuig lisensie nommer oor te plaas na 'n nuwe voertuig. Na verskeie epos briewe onbeantwoord gelaat is, het ek hulle ges***el. Die foon is deur een baie onbeholpe persoon geantwoord, wat vir my gesê het ek moet maar net elke week weer epos stuur, want hy kan nie vir my die regte inligting gee nie. Nadat ek gevrae het dat hy my deurs***el na die regte persoon wat my antwoorde kan gee, het hy gesê die mense het nie 'n telefoon nommer en ek kan hulle nie s***el, al manier om hulle te ****ak as per epos. Dit is hoog onbevredigend en iemand sal dringend aandag hieraan moet gee dat mens die diens kan kry wat van die Wes-Kaap regering verwag word.