Active since Sep 2017
Benodig n betroubare, eerlike en PROFFESIONELE loodgieter, soek nie verder, Mike by Mikes Plumbing is geweldig goed met sy werk en niks is vir hom te veel moeite nie, ek hoop net die versekeringe wil van hulle gebruik maak
Ons geyser is deur Outsurance n MAAND gelede met n KWIKOT GEYSER vervang omdat dit gebars het, hulle het Wimpie Moll loodgieters gebruik wat absolute gemors gemaak het ons krag het bly uitskop en ook het die water by ons ligskakelaars uitgestroom, nou n maand later skop ons krag weer uit, ek laat kom proffesionele loodgieters MIKES PLUMBING, die beste en hulle sê die water kom by due nuwe KWIKOT geyser se element uit, Mike kontak KWIKOT net om meegedeel te word in hul fynskrif daars geen waarborg op daardie geyser nie al is dit net n maand oud🤬 mense bly weg van Kwikot geysers en Wimpie Moll Loodgieters in Klerksdorp
Mense as jy een van die ongelukkige mense is wat van Mediese s******s of rolstoele moet gebruik maak, is daar net een Besigheid en een persoon Daniël wat jy gaan sien in Pretoria, sy diens , kennis en hulp het geen gelyk.
Hierdie mense is nie net professioneel nie, maar absolute kundiges in hul gebied en niks is te veel moeite nie, dankie Eflux span dit is n plesier om van julle gebruik te maak.
Uiters swak, geen diens, ek het in Desember by hul kantoor in Matlosana Mall gaan vra dat hul my landlyn van een kant van ons huis na ander kant van ons huis moet kom skuif , sedertdien was ek al weer twee keer by hul kantoor in mall en bel ek weekliks maar niemand help of stel belang om te help nie, ek is raadop aangesien my printer faks en scanner nou nie kan werk nie, ek het tot vandag industrieële gebied toe gery en die ou tegniese afdeling van telkom besoek net om te hoor hul bestaan al 2jaar nie meer hier nie, ek moet alles per foon doen, en daardie diens kan netso wel nie bestaan nie
Ek kom glad nie reg met telkom om iemand uit te stuur vir my 24/7 internet nie,dit werk al 4dae nie,help groot asseblief
Hello Peter Hiermee wil ek jul net bedank vir jul spoedige aandag aan my saak , Absa het my onmiddellik gekontak nadat jul hul gekontak het en na nog n week verder is my internetbankdienste uiteindelik uitgesorteer en reggestel en kan ek dit weer gebruik. Ek waardeer jul hulp opreg Baie dankie Martie Visagie
Eks uiters teleurgestel in Absa, ek sukkel nou n hele week , paar keer na takke vir hulp, asook menigmale internet bankdienste per selfoon gekontak en niemand kan my help nie! Ek kan glad nie op internet bankdienste ingaan nie , nie op my selfoon en ook nie op my rekenaar nie. Takke sukkel en wanneer moeg gesukkel gewoonlik 2 of meer ure later stuur hulle my huis toe en se ek moet dit opneem met selfoon internetbankdienste, kom ek tuis en skakel gebeur presies dieselfde weer na paar ure per foon se hulle weer ek moet tak toe gaan om probleem op te los, NIEMAND KAN MY HELP NIE, en intussen kan ek niks op my bank doen nie. HELP ASSEBLIEF Martie Visagie **********
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.