Active since Jul 2018
All I can say, it is my own stupidness that I have paid over R50 000 to flooring guru without checking them out on Hello Peter! I have uneven floors, cracked floors, oh my word you wont believe the poor wormanship that was done here. BUT they were very quick to collect their money
Ek was gister by Skin renewal Willowbridge vir n afspraak vir die RID dieet. Nou kom ek verduidelik gou mooi dat ek nie die review hier post dat iemand my moet bel en onverskoning vra nie. Nee, ek post hierdie hier vir almal wat eers reviews lees voor hulle oorweeg om iets te doen. Dis vir julle wat ek graag wil vertel van my ondervinding. My afspraak was 2 uur gewees, my kar was ongelukkig daai dag in vir n diens en ek was gedwing om vir my man te wag om sy voertuig te kry. Op die kop 2 uur lui my foon en dis die sister van skin renewal, ek is in die parkeer area besig om parkering te soek. Ek stap 2:05 by skin renewal in, ek moet deur die ritueel gaan van covid 19, hande spuit, koors neem en voete spuit en lappe oor my voete trek. Ok, alles is gedoen. Nou word ek 6 blaaie in my hand gestop wat ek moet invul. Die eerstes is covid 19 vorms. Die volgende 3 folios is persoonlike inligting OOK MET PRESIES DIESELFDE VRAE VAN COVID. Dan, die volgende vorms is dieet vrae, die rede hoekom ek eintlik hier is. Deur die hele invul proses kom check die sister 3 keer in om te hoor of ek klaar is. Toe sy die 4de keer kom, sê sy, sy kan nie langer wag nie en ons moet nou na haar kantoor toe gaan. By haar kantoor is dit waar dinge nou begin skeef loop het, sy hardloop daar in haar kantoor op en af besig om goed reg te skuif maar terwyl sy dit doen vetel sy vir my hoe ver agter ons nou is en sy moet die papiere by die dokter uit kry teen n sekere tyd en en en.... Sy vra my n vraag wat ek nie kant onthou nie, maar ek onthou my antwoord was: " solank die diens net nie so warrelwind gaan wees nie, en my geld goed genoeg gaan wees, maar die diens word so afgejaag nie. Nou kom ek gee jou net gou n idee van hoe dit gevoel het, alles was baie rustig en kalm VERAL as jy by skin renewal in stap, die musiek en die mense en alles daar is BAIE RUSTIG. Toe ek in die sister se kantoor instap was dit soos n warrelwind, chaos sê ek vir jou. Sy trippel oral rond en hou nie n sekonde ophou praat nie want sy het net n sekere tyd om al haar woorde in te pas. Dit was verskriklik. Van totale kalmte na totale chaos in minder as 10 sekondes. Onder andere vang ek die skimp dat alles is nou so gejaag omdat ek nie op tyd was nie, dis nou die 5 min wat ek laat was. Nou kyk toe ek dood seker was, dit was sowaar n skimp wat sy na my kant toe gegooi het, kon ek myself nie langer beteul nie, en ek sê vir haar maar as daar 10 vorms is wat mens moet invul hoekom laat weet hulle mens nie mens moet 15min vroeër in kom nie. Sy pluk haar selfoon nader en wys vir my n voice message waar sy vir die mense wat daar voor werk vra om die kliente te laat weet hulle moet vroeër kom. Iets wat hulle nie gedoen het nie. So nou sit ek en sy in n helse ongemaklike situasie omdat die mense nie gedoen het wat sy hulle gevra het om te doen nie. Ek vra haar toe of het sy daai boodskap vir my gestuur, haar antwoord was nee, ek sê toe vir haar die 5 min wat ek laat was is definitief nie die probleem nie want ek sou NOOIT al daai lyste vorms in 5 min kon voltooi het nie. Sy begin vrae daar aframmel wat ek nou moet beantwoord maar die atmosfeer is steeds soos n warrelwind en ek is nog nie kalm nie, en sy ook nie want sy is bitter haastig en wil begin om klaar te kry om verlore tyd in te haal want die dokter gaan die goed nou by haar wil hê. Maar die dokter is die mees kalmste mens met baie compassion en ek kan met een oog op **** vir jou sê die dokter sou nie gepla gewees het nie. Maar ok, ons is hier in hierdie warrelwind kantoor van haar besig om vrae te beantwoord, een van my antwoorde op een van die vinnige vrae was, "ek weet nie, jy moet maar raai" waarop sy my toe vra of wil ek nie maar n ander afspraak maak nie want sy kan sien ek is opgewerk. Ja, ek is opgewerk want ek was die een oomblik nog kalm en die volgende oomblik stap sy in my lewe in met n helse bohaai wat alles in my en om my soos n tsunami laat voel, so ja, ek is opgewerk. Ek sê toe vir haar nee, ons gaan nou klaar maak. Ek wil op daai stadium net daar uit kom. Ek het myself bedaar en na alles geluister wat sy afgrammel het. Dit was die mees onprofesionele afspraak, en ek is glad nie eens lus om hierdie dieet journey saam met hulle aan te pak nie. R4000 is nie geld om in die water te gooi nie en n deel van daai R4000 gaan aan diens en nie produk nie, wel die diens wat ek gekry het is pateties, definitief nie R5 van die R4000 werd nie. As ek die reviews op google en op hallo peter lees, skok dit my aan die een kant want as jy daar in stap lyk alles so professioneel, maar aan die ander kant sien ek ook dat die meeste van die complaints gaan oor diens.
Goeidag, Voordat ek voortgaan wil ek graag he wie ookal hierdie skrywe lees moet eers die volgende vraag antwoord vir hom of ha****lf. Wat van die volgende 2 woorde klink normaal OF kan jy verbind met normaliteit? Ongevalle Outisme En as jy nou mooi gelees en verstaan het sal jy die som kan maak dat, een een van hierdie twee dinge normaal is nie en jy nie een van die twee dinge in jou "normale" dag wil beskryf nie. Goed so met hierdie skrywe rapporteur ek vir Mev, of Mej, of Dokter, of pastoor Riana Beukes of wie of wat sy ookal genoem wil word. Dit was uiters DIE swakste diens wat ek in 'n BAIE lang tyd bye ENIGE plek ontvang het! Ek kon nie glo wat besig was om te gebeur nie en na die tyd kon ek nie glo wat gebeur het nie. Hier volg die storie wat vir my 'n meer traumatiese storie is as die ongevalle geval self. My outistiese seun van 12 jaar wat nie kan lees skryf of praat nie word by sy perdry les van sy perd af gegooi. Hy kan nie loop nie en kan ook nie vir my se waar hy seer het nie. Ons jaag met hom ongevalle toe. Ek is 8 maande swanger so dit gaan moeilik en stadig. Ek stap ongevalle binne en die Riana Beukes groet my en vra of ek die pasient is, ek se nee my seun is en sy moet reel vir 'n rystoel want hy kan nie loop nie. Ek vra haar toe vir die vorms wat ek solank moet invul terwyl sy haar admin aan haar kant moet doen want ek was as by ongevalle ek het 'n idee hoe dit werk indien almal wil saam werk en jou WIL help, sy vra my vir my mediesefonds kaart en my id, ek haal dit uit en se vir haar sy kan die vorms solank vir my gee om in te vul. Die volgende oomblik vertel sy vir my ek is nie 'n prinses nie en ek moet wag dat sy haar admin klaar maak voordat sy vir my vorms gee om in te vul. Ek wil he julle moet die video footage trek en kyk hoe lank ek moes wag vir 'n rystoel en ook hoe sy met my gepraat het. Ek antwoord haar toe deur vir haar te se, ek betaal R10 000.00 per maand aan medies, hierdie is definitief nie die diens wat mens verwag as jy aan Discovery of enige ander mediesefonds behoort nie. So ek stel voor jy ruk jouself nou reg. Haar antwoord aan my was, reg koninging net soos u se koninging. Ek kon nie glo wat ek hoor nie, maar ek het vir haar gese dis beter om so met my te praat as wat sy my hanteer het toe ek daar ingestap het. Nodeloos om te se ek moes self 'n rystoel gaan soek het. Ek het die dame so rukkie later buite raak geloop en vir haar gese dat ek haar gaan aangee en haar antwoord aan my was dat ek dit asseblief moet doen. So aangesien sy my toe nou so mooi gevra het om haar aan te gee het ek besluit om dit wel te doen, en dat ek dit op hello peter gaan doen en by HASA en by Mediclinic hoofkantoor en by Durbanville Mediclinic waar die voorval plaasgevind het en ook by my mediesefonds. Ek kan nie glo dat 'n persoon by 'n ongevalle eenheid aangestel word wat nie mense verhoudings het nie. As jy aansoek doen vir werk en jy weet jy doen aansoek by 'n ongevalle eenheid of enige hospitaal, dan weet jy mos dis nie normale omstandighede waarmee jy gaan werk nie, mense wat daar aankom beleef nie 'n normale dag nie so hulle optrede is nie normaal nie. Hulle lei aan skok, so jy wat daar werk moet mos met sulke mense kan werk en nie jou humeur verloor of ongeduldig wees nie, anders is jy onbevoeg om die werk te kan doen. Dis nie 'n ontvangsdame by 'n normale plek nie. Mediesefondse is bitter duur en net 'n handjie vol mense kan mediesefondse bekostig, maar werklik, as jy 'n medisefonds het en jy betaal R10 000 per maand dan verwag jy om 'n diens te kry. Hoekom was daar nie rystoele beskikbaar by ongevalle nie? Hoekom moes EK om loop na ontvangs toe om 'n rystoel te gaan soek? My vriendin wat nie 'n mendies het nie wat na 'n staatshospitaal toe gaan vir chemo weekliks se vir my as sy daar aankom is daar altyd iemand wat dadelik 'n rystoel daar het. Die vrou was onnodig moeilik en wou my laat verstaan dat ek moenie dink ek moet soos 'n prinses behandel word nie. Ek soek antwoorde, oor hoekom sulke onbevoegde mense by ONGEVALLE werk
Today I went to Mr. Price Tygervalley to get my credit limit review after MR Price send me continuous sms’s asking me to up my credit limit. I got to the counter with 7 staff {Curshlin Michelle Martinique Lusanda} members behind the counter, at 17:02. I explained to Curshlin that I would like to get my limit reviewed. She looked me straight in the face and answered that I must phone Mr. Price accounts department. I looked at her with disbelief and told her that she can phone them on my behalf and that I would talk to them. She said that she think they are already closed. I asked her, so how would we know? She looked over her shoulder to someone that was on the telephone. So because I am not a clown, I immediately realised that she is insinuating that she can’t phone because someone is on the phone. She look back at me with absolutely no words. I decided to start the conversation again by asking, does anyone else know if they are still open. There are 7 clo people standing behind the counter with MR. Price jerseys on and not one of them could answer the question. Yes, believe it, not one of them knew if accounts department was open. So there I stand before 7 clo staff members and made the sum that we will never know unless we phone them. The person on the phone was done with his phone call a while ago. But no one of the 7 clo people took the initiative to phone the accounts department. Because somewhere during my upbringing years, I learnt how to take initiative. So I took my cell phone and phoned accounts department. You won’t believe me, but they were still open, Curshlin looked at me as if I was a genius, but it was actually common sense. I then turned to her and told her that her customer s****s suck and that she is only there to get a salary and definitely not to help customers. Then she decided to give me a look that could ****, as if everything that happened just now, was my fault. But actually it was because I had to think for her, so maybe she could not take the humiliation. I called all the clo staff behind the counter and said to them that for their information and for the next customers information, accounts department close at 17:30. Please give your clo staff training on how to work with customers and when operating hours is for your departments. It is very unprofessional. I will try to avoid the circus in the future.
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.