Active since Aug 2018
Ek het n naam hangertjie bestel by Purple Carrot en dit was op n baie kort kennisgewing . Tog het hulle my verseker dis ok hulle gaan hulle bes probeer om hom betyds klaar te kry , alhoewel hulle plus minus 14 dae vat voor die hangertjie in proses is was my order binne 10 dae gereed en afgelewer al het ek so laat bestel. Selfs die aflewering deur Courier Guy was betyds,
Ons het ongelooflike goeie diens ontvang van Carmen Fischer nadat my ma baie oproepe en besoeke later aan Standard Bank geen hulp van hulle af kon kry nie. Het Carmen heeltyd opgevolg en seker gemaak die probleem word so spoedig as moontlik reggestel
My ma het 24 Junie per ongeluk haar salaris oorgeplaas na n geslote rekening op haar banking app, sys dadelik standard bank toe waar hulle gese het dit sal binne 24 uur uitgesorteer wees. dis nou al die 3 de junie en elke keer as ons bel of mails stuur word daar net gese oor 24 uur dan 48 uur en so gaan dit aan
Ek kon ni my paaiement bekostig vir 2 maande nie weens persoonlike redes. Hulle het my gebel en gevra of hulle kan help dit vir my regstel en dan ook my premie bietji af te bring dat ek ni my voordele verloor ni. Was uitstekende diens
Goeiemore Ek weet regtig nie meer hoe om kliente diens uit die Courier maatskappy te kry nie na 3 keer wat hulle gese het hulle is jammer vir die ongerief en weereens n afspraak bevestig het het hulle weer nie opgedaag met my pakkie nie, Dis die swakste diens ooit veral vir n Courier maatskappy. MTN moet dit dalk oorweeg om van n ander maatskappy gebruik te maak as hulle kliente wil hou.
Die maatskappy is MTN se courier maatskappy hulle sou verlede week tussen 2 en 4 my nuwe foon kom aflewer het, 20 oor 4 toe kry ek n oproep wat tot gevolg het dat ek nie meer by die adres was nie. 2 dae later word ek gebel om n afspraak te maak vir Maandag die 22ste Okt hulle het nie gebel of opgedaag nie, Tot nou toe het ek nog nie n woord van die Courier Maatskappy gehoor nie, nadat ek gebel het om te hoor waar is my pakkie is ek net gese hulle gee my navraag deur na deliveries. Dis totaal onanvaarbaar om twee keer tyd vas te maak met n klient en nie op te daag nie
Ek het ongelooflike goeie diens ontvang van Pieter Stols by Dotsure. Was baie vriendelik en proffesioneel. Was n plesier om mediese dekking vir ons honde kinders uit te neem .
Ons wag al 3 maande vir n samsung gear pro om af gelewer te word al stuur ons 10 mails op n dag word net 1 van hulle soms ge antwoord en altyd met dieselfde verskoning hulle stuur dit.
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.