Active since May 2020
Goeie dag. Ek het laasjaar by Isabella Garcia aangesluit en 'n geskenk pakkie Oktober ontvang. Ek het onlangs my werk verloor en kan nie meer my premie betaal nie. Ek het hulle in kennis gestel, maar hul se ek moet tot September maand nog betaal. Ek het ook genoem dat ek net 'n R 100 kan betaal. Elke keer wat hulle my nou bel dan moet ek meer as dit betaal. Ek het nie in hierdie stadium 'n keuse nie. Ek moet al my uitgawes sny.
Die call centre is verby pateties. Wil graag hulle rapporteer. Hoop iemand kan my help.