Active since Sep 2010
Ek skryf hier 'n review omdat ek moedeloos is. Dit was my laaste uitweg om 'n review te skryf en is ek siek van spanning agv agterlosigheid met aflewering. Ek het 'n Tablet gekoop van R4 999.00 by Incredible Connection aan lyn. Hul het emails en sms'e gestuur waarin genoem is dat dit die 20ste Januarie 2025 afgelewer gaan word. Saterdag die 18e kry ek 'n epos en sms dat my tablet afgelewer is met die titel: We hear you got it! Dan vra hul nogal dat ek 'n survey doen. Ek het geen tablet ontvang nie, wat nog van teken vir die aflewering????? Iemand moes die tablet in ontvangs geneem het en geteken het daarvoor. Ek het dadelik 'n epos gestuur aan die "contact us". Sondag die 19 het ek terugvoering gekry met 'n nuwe verwysings nommer. Ek het gister gebel, en hul antwoord is, hul wag vir terugvoering van die pakhuis. Weer 'n epos gestuur, waarop hul geantwoord het dat ek vandag sal terugvoering kry. Dit is nou 16:56 en nog geen verduideliking van hul nie. Ek het beklemtoon dat ek nie more dit is Woensdag tot Vrydag beskikbaar is nie en nie die goed kan hanteer nie, aangesien ek baie besig gaan wees. Ek is regtig baie gestres, dit is baie geld en 'n tablet wat verdwyn het??? EN WIE HET DAARVOOR GETEKEN????
Ek wou my selfoon op roaming laat stel. Met Afrikaans as huistaal is dit moeilik om oor n foon Engels te kan hoor en veral ook as die assistent ook Engels as huistaal gebruik nie. Dit het geklink of hy deur n tonnel praat wat dit nog moeiliker maak. Na ek vir bykans 7 minute moes sit en luister na voorwaardes ens wat ek meestal nie kon behoorlik hoor of kan onthou nie, sê ek, ek will liewer na cell c winkel gaan, by Wonderpark Akasia. Daar vertel hul my ek moet customer service bel. Hele proses weer deur om ou einde te hoor ek het nie my simkaart vir 90 dae aaneen gebruik nie. Dit na ek 2 x na hul voowaardes moes luister en soveel tyd geword het. Ek is al v 2003 op n ****rak by cell c, betaal elke maand my oproep onkostes en gebruik cell c elke dag. Ek vlieg vandag oorsee en ek is erg befoeterd! Het eintlik n krasser woord om my teleurstelling in cell c en hul manier van doen te te beskryf
I and so many others can't get hold of Vumatel. My service pro ider is Afrihost. Phone number doesn't exist. Their email system are full and my email is no worthy. I contacted many people that I hope is stil with vumatel. I am without internet, in the meantime I'm paying a lot for it and couldn't do my work because of the lack of wifi. I sit for almost 4 hours with Afrihost and getting nowhere. I'm very frustrated
I bought data on Saturday the 4th of April through Standard bank online. I received sms to confirm the data is on my phone.Until today when I want to make a call, Telkom tell me I have insufficient funds. I have wrote to them in 2 emails, one on Saturday and one yesterday, still nothing..no reply!
<p> Ek het ongeveer 4 maande gelede 'n klagte gerapporteer wat geignoreer is. Het Vrydag navraag begin doen. Wil in Afrikaans gehelp word, waar belowe is dat iemand my sal terug bel. Na 3 oproepe en 4 dae later het niemand nog geskakel nie. Ek is ook veronderstel om 100 minute gratis te he in 'n maand en na eerste week van Augustus het ek blykbaar geen gratis minute wat onmoontlik is. Ek is uiters gefrustreerd omdat daar nie kommunikasie geskep word vir kliente nie.</p>
Ek het nou al 4 keer of meer gebruik gemaak van Slimline Gutter en elke keer was hul betyds. Op een stadium het my huis se geut afgeval in 'n storm en my garagedeur versper en ek moes ry vir 'n afspraak. Hul het baie werk gehad op daai stadium maar het ten spyte van, die geut tog kom verwyder sodat ek kon ry, om later dit te kom reg maak. 'n Week gelede het ek hul gevra om 'n geut te kom vassit en nadat ek besef het, ek het 'n afspraak, moes ek dinge so reel dat ek betyds kon ry. Jannie het sy mense betyds gestuur voordat ek moes ry. Ek kan werklikwaar getuig van uitstekende diens, altyd betyds en met deeglikheid en professionaliteit!
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.